Pippie by Anice Kruger and Colleen Naude (Paperback)

R85.00

“Die kind wat dood moes gewees het, lééf.
Toe 80% van Pippie Kruger (21⁄2 jaar oud) se lyfie verbrand het, het geen dokter gedink sy kan dit oorleef nie.
Hoe oorleef ‘n ma die verbysterende skok om haar pragkindjie só te sien? Vir die eerste keer maak Anice Kruger haar hart oop: hoe sy met God baklei het, hoe sy, kind van die konserwatiewe Suid-Afrikaanse platteland, haar persepsies van mense oor verskeie grense heen verander het. Erwin Kruger vertel wat die ongeluk aan hom gedoen het, en die invloed daarvan op hulle huwelik.
Mense in meer as 70 lande het verstom gestaan oor wat ‘n span Suid-Afrikaanse medici vermag het. Oor ‘n wonderwerk wat steeds ontvou.
Dit is ‘n verstommende verhaal van vasberadenheid en veggees. Van onwrikbare geloof, liefde wat geen grense ken nie, en hoop. Van God wat die Bron is van ewige hoop.
Ingesluit: 16 bladsye met aangrypende foto’s.
“Pippie, jy het in ‘n baie ernstige toestand na ons toe gekom vir hulp. Wie sou kon dink dat jy ons nuut na dinge sou laat kyk, ‘n inspirasie vir die ganse nasie sou word en sou veroorsaak dat ons almal saamstaan. Liewe kleinding, jy het die mediese speelveld in Suid-Afrika verander en ons is almal trots op jou veggees!” DR. RIDWAN MIA, plastiese en rekonstruktiewe chirurg”

Please note: The first image serves as a representation, while the second to fourth images show the physical book itself.

1 in stock

SKU: 9781431606511 Categories: ,
ISBN

9781431606511

Format

Paperback

Pages

280

Condition

Secondhand. Very Good.

Language

Afrikaans

Cover Images

Please note: The first image serves as a representation, while the second to fourth images show the physical book itself.

Oh, hi there 👋 It's cool that you're here.

Sign up to receive a once-monthly bookish newsletter.

No spam! Read our privacy policy for more info.